Raymond & Anika Se Huweliksbevestiging
15 Desember 2023
Ons Liefdesverhaal
Ons storie het begin in 2018. Ek het as kelnerin by ‘n restaurant gewerk waarheen Raymond sy ouers vir middagete gebring het. Toevallig het ons mekaar dieselfde aand weer by ‘n partytjie raakgeloop.
Ná ‘n diep Facebook soektog, met die hulp van ernstige “FBI skills”, het ons mekaar aanlyn gevind en begin gesels. Ons het besluit om mekaar die volgende dag te ontmoet...en so ook amper elke dag daarna.
In 2019 moes ons ‘n jaar in ‘n langafstand verhouding oorleef toe ons 1730 kilometer van mekaar gewoon het. Dit was moeilik, maar dit het ons laat besef dat ons wel saam wil wees. Ons het in 2021 ‘n huis gekry en geniet dit baie om D.I.Y projekte saam aan te pak.
Op 18 Desember 2021 het Raymond my verras met ‘n pragtige verloofring op ‘n seiljag in die Waterfront. Wel gedaan vir hom, want ek het niks verwag nie... en gewoonlik kan Raymond nie sommer iets vir my wegsteek nie!
En nou, op 15 Desember 2023 – amper presies 2 jaar later – sien ons uit na ons grootste dag. Ons is opgewonde oor ons getroude lewe saam
Huweliksregister
Ons is bevoorreg om reeds in ons eie plek gevestig te wees.
So, indien jy 'n bydrae wil maak, sal ons 'n skenking tot ons "honeymoon fund" waardeer.










Fynskrif
Besonderhede rondom ons groot dag
- VRYDAG 15 Desember 2023
- 15:30 vir 16:00
- Ongelukkig geen +1 sonder uitnodiging
- RSVP 15 Oktober 2023
- DRAG: Semi-formeel
- #vanstadenfees





VENUE
- VENUE: Deannie Landgoed
- Vlaeberg Road, Stellenbosch, 7600
- Kontant Kroeg & Kaart Fasiliteite